logo1

  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  

Nasorg

CPM het 'n Nasorgsentrum waar ouers hul kinders Maandae - Vrydae tot 17h30 kan laat bly.

Die juniors tot en met Gr. 2 word deur deur Florina Erasmus versorg. Hul ontvang 'n ligte middagete waarna hul onder haar wakende oog kan speel.  Met haar moederlike geaardheid versorg sy met liefde en toegewydheid die kinders.

Die leerders vanaf Gr. 3 word deur die onderwyseres Henriëtte Smit versorg en na omgesien. Sy het dekades van kindersorg ervaring en is baie gewild en geliefd onder kinders sowel as die ouers.  Die kinders ontvang 'n ligte middagete, waarna hul geleentheid gebied word om hul huiswerk te doen. Henriëtte se onderwys kwalifikasie en ondervinding maak haar geskik om die kinders by te staan met hul huiswerk. Hul kan ook buite rondspeel en ontspan onder haar wakende oog.

Kontak CPM kantoor vir meer besonderhede.

at-malmesbury-business-directory